LitTutor spreek die groeiende probleem met taal- en letterkundevaardighede in Afrikaans en Engels aan. Weens die multitalige sosio-kulturele omgewing word studente vroeg reeds blootgestel aan verskillende tale. Akademiese vaardighede in die addisionele taal blyk egter ‘n groeiende probleem te wees en funksionele tweetaligheid word hierdeur belemmer.
LitTutor fokus op leiding en mentorskap aan studente in taalverwerwing, letterkunde en kreatiewe skryfwerk. Die doel is om aandag te gee aan die spesifieke probleem van die individuele student. Die studieklasse is aanvullend tot klaswerk en word in beide Afrikaans en Engels aangebied.
Sessies word daagliks via ons gebruikersvriendelike aanlynplatform, StartSmarter, aangebied.
Twee ure per week word aanbeveel ten einde studente genoegsame tyd te gun om die taal te bemeester.